Gazastad word herhaaldelik aangevalAugust 13, 2025
Gazastad loop deur onder ‘n ernstige lugaanval terwyl Israelse magte voorberei om die stad te beset. Israel se oorlogskabinet het Maandag gestem om Gazastad te beset, ‘n stap wat veroordeel is tydens ‘n noodvergadering van die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad. Intussen het die Verenigde Koninkryk, die Europese Unie, Australië, Kanada en Japan in ‘n verklaring gesê dat ‘n hongersnood voortduur en onmiddellike, permanente en daadwerklike stappe geëis om die toegang van hulp na Gaza te vergemaklik. Israel ontken voortdurend dat daar hongersnood in Gaza is.