Harvey Boulter soek skadevergoeding van sy sielkundigeAugust 13, 2025

Die Britse miljardêr en moordbeskuldigde Harvey Boulter het ‘n siviele eis ingestel teen die kliniese sielkundige Charine Glen-Spyron, die uitvoerende direkteur van Uni-Health Consulting and Management. Spyron het op 19 Mei vanjaar ‘n brief aan Revenue Solutions Namibia gestuur om haar sowat 196 670 Namibiese dollar te betaal uit ‘n sekere bankrekening. Dit was vir sielkundige dienste aan Boulter. Volgens die brief het Boulter haar gesê dat hy geen fondse onmiddellik beskikbaar het nie, en het haar toestemming gegee om geld uit die rekening te gebruik. Die rekening is vereffen, maar Boulter het ontken dat hy Glen-Spyron toestemming gegee het en na arbitrasie en appèlverrigtinge met die betrokke banke is die geld terugbetaal. Boulter soek nou skadevergoeding van 100 000 Namibiese dollar om verskeie redes, onder andere dat sy reg op privaatheid verder geskend is deur ‘n geskrewe dreigement van Glen-Spyron dat sy ‘n hofbevel sal bekom om sy mediese rekords openbaar te maak. Die saak word verdedig en regter Beatrix de Jager is op die bank. Hofstukke is nog nie ingedien nie en saakbeplanning is vandag gedoen.