Nog ‘n saak vir skadevergoeding teen gesondheidAugust 13, 2025
Esme Jacobs dagvaar die gesondheidsministerie vir skadevergoeding van 670 000 Namibiese dollar vir wat sy beskryf as nalatige sorg. In haar stukke sê sy, sy is in September 2018 by die Walvisbaai-staatshospitaal opgeneem en daar is bevind sy het ‘n buisswangerskap gehad. Sy is geopereer en daarna ingelig haar regterbuis moes verwyder word. Toe sy in 2021 gepoog het om swanger te word het ‘n privaatspesialis in 2022 ondersoek ingestel en bevind haar linkerbuis is erg beskadig. Dit kon nie ten volle reggestel word nie wat haar vrugbaarheid eksponensieel benadeel. Die staat verdedig maar het nog nie stukke ingedien nie. Regter Boas Usiku hoor die saak aan.