President het net lof vir Lubango-hoof, Hawala, sê hy is ‘n ikoonAugust 13, 2025

President Netumbo Nandi-Ndaitwah beskryf die ontslape hoof van die Lubango-kerkers en oud weermaghoof, Solomon Hawala as ‘n ikoniese figuur van die Namibiese rewolusie, en sê dat hy sy lewe gewy het aan die nastrewing van vryheid, vrede, eenheid en voorspoed vir alle Namibiese mense. Sy sê sy nalatenskap plaas hom langs ikone en helde wat oorlog gevoer het en bygedra het tot die onafhanklikheid van Namibië. Hawala los ‘n gemengde nalatenskap omdat hy die dood van talle Swapo-gevangenes toegelaat het in Lubango, en die wat oorleef eis verantwoordbaarheid van Swapo se leiers. In Augustus 2012 het oud-CoD leier Ben Ulenga oor die kerkers gepraat in die Namibia Documentary Series. Hy sê die kerkers is gestig as gevolg van stamgebondenheid.

Die regering het nog nooit erkenning aan die kerkers gegee nie en daar is geen amptelike rekord nie maar, NamRights sê dat meer as 4 000 mense aangehou is met die moord en verdwyning van honderde met talle wat steeds vermis is.