TLU SA kondig Jong Boer van die Jaar-finaliste aanAugust 13, 2025

Twee jong boere en vennote, Willem van der Merwe en Francois Du Toit, asook Tiaan Barkhuizen is as finaliste gekies vir die TLU SA se kompetisie vir Jong Boer van die Jaar. Die kompetisie word reeds die afgelope 24 jaar aangebied en vier jong landbouleiers. Van der Merwe en Du Toit van Chrissiesmeer, Mpumalanga is gewasboere wat die verantwoordelikheid vir bemarking, beplanning, finansies, onderhoud, toetse en sekuriteit deel. Barkhuizen van Garies in die Noord-Kaap boer kommersieel met boerbokke en skape. Die wenner word volgende maand aangekondig.