Verskeie dele van hoofstad sonder water na pype barsAugust 13, 2025

Die Stad Windhoek het aangekondig dat verskeie dele van die hoofstad tans watertoevoer-probleme ondervind weens gebarste pype. Herstelspanne werk om watertoevoer as ‘n saak van dringendheid te herstel, maar dis nie moontlik om ‘n presiese tydlyn te gee van wanneer dit sal gebeur nie. Die Stad verseker inwoners dat daar gepoog word om die situasie so vinnig en doeltreffend as moontlik op te los. ‘n Pyp wat in Riekmannstraat gebars het affekteer Pionierspark, Rocky Crest, Hochland en Ou Akademia. ‘n Stukkende pyp in Ondongabstraat affekteer die water in Olympia, Kleine Kuppe, Properita en Cimbabasia.