Afrikaans in wese vandag 150 jaar gelede gevestigAugust 14, 2025

Vandag, 14 Augustus, is die 150ste herdenking van die Genootskap van Regte Afrikaners, ‘n organisasie wat in die Paarl, Suid-Afrika, gestig is en instrumenteel was in die bevordering en standaardisering van Afrikaans. Kosmos 94.1 Nuus het met oud-predikant en Afrikaanskenner dr. Callie Opperman gesels oor die belangrikheid van die organisasie.

Opperman sê Afrikaans as algemene gebruikstaal in Namibië is in gevaar omdat Engels die enigste amptelike taal is.