Beserings dwing Aussies om span te verander teen ProteasAugust 14, 2025

Krieket: Die Australiese kolwers Matt Short en Mitch Owen en die veelsydige Lance Morris sal nie in die komende tuisreeks van drie eendagwedstryde teen Suid-Afrika speel nie. Short en Morris is beseer en Owen het vertraagde harsingskuddingsimptome nadat Kagiso Rabada hom Dinsdag in die tweede T20 teen sy kopskerm raakgeboul het. Die drie word vervang deur Matthew Kuhnemann, Aaron Hardie en die veelsydige Cooper Connolly. Die eerste eendagwedstryd word Dinsdag gespeel.