Kieserregistrasie uiters traagAugust 14, 2025
Die Verkiesingskommissie van Namibië sê die aanvullende registrasie van kiesers vir die plaaslike owerheidsverkiesings in November is traag maar vorder. Die kommissie se woordvoerder, De Wet Siluka, sê die registrasie sluit op 19 Augustus.
Kieserapatie, veral met die verkiesing, is ‘n groot uitdaging, al is dit die belangrikste stem wat uitgebring kan word.