Klein oplewing in verkoop van kommersiële voertuieAugust 14, 2025
Totale voertuigverkope het in Julie 2025 op 1 309 eenhede te staan gekom, ‘n afname van 0,3 persent op ‘n maandelikse basies maar, ‘n jaarlikse toename van 11,7 persent. Kommersiële voertuigverkope het beter vertoon met 699 eenhede verkoop. Passasiersvoertuie het met 4,1 persent vergeleke met Junie gedaal tot 610 eenhede, maar is 8,2 persent hoër jaar op jaar. Cirrus sê jaar tot datum is 8 275 voertuigverkope aangeteken, die hoogste sedert 2016, met 10 persent meer eenhede wat tot dusver vanjaar verkoop is in vergelyking met 2024. ‘n Deel van hierdie toename kan toegeskryf word aan die taamlik sterk vraag deur huuragentskappe in die afgelope twee maande. Die 261 aankope deur huuragentskappe in die afgelope twee maande, wat elke jaar in Junie en Julie ‘n hoogtepunt bereik, is baie hoër as die 195 wat in dieselfde twee maande verlede jaar aangeteken is.