Misdaad seëvier op sosiale mediaAugust 14, 2025

Die Namibiese Polisiemag het ses mensehandel-sake aangeteken tussen April 2022 en April 2025, met die slagoffers wat almal op sosiale media gewerf is. Luitenant-generaal Joseph Shikongo het by die bekendstelling van die Etiese Gebruik van Sosiale Media-veldtog gesê in een saak is 38 Namibiërs gewerf om buite die land te werk, terwyl 50 Namibiërs in ‘n ander gewerf is om binne die land te werk. In die ander vier sake is vier buitelanders gewerf om in Namibië te werk. In dieselfde tydperk is 11 990 gevalle van bedrog en 9 039 van laster op sosiale media gepleeg, asook 4 835 gevalle van karakterskending. Een-honderd-vyf-en-sestig gevalle van aanranding deur dreigemente op sosiale media en twee van afpersing is ook aangeteken.