Reho Meat Processors kry EU-sertifiseringAugust 14, 2025

Reho Meat Processors het sy uitvoersertifisering na die Europese mark verkry. Agriforum berig die proses van kwalifisering vir EU-uitvoer het sowat sewe maande geduur en verskeie oudits ingesluit. Die abattoir, is nou naas Meatco en Beefcor die derde goedgekeurde beesvleis-uitvoerabattoir in die land  en ook die enigste wat beeste, skape en wild kan verslag. Die eerste besending sal waarskynlik in September vanaf Walvisbaai na Europa vertrek. Binnelandse en streeksmarkte word reeds sedert verlede jaar bedien.