Van der Linden en kie poog derde keer vir borg vandagAugust 14, 2025

Die borgaansoek van die vermeende Hochfeld-daggaboere is weer vandag in die Okahandja landdroshof na dit op 10 Julie uitgestel is. David van der Linden en Armand Schultz, en ‘n werker, Johannes Kamati, is einde Mei in hegtenis geneem in verband met ‘n 1,55 hektaar daggaplantasie met ‘n waarde van sowat 52 miljoen Namibiese dollar. Dit is die derde poging na die voriges uitgestel omdat daar nie ‘n Afrikaanse tolk beskikbaar was nie.