Venus is promotorskeuse by Amerikaanse OpeAugust 14, 2025
Die sewemalige Grand Slam-kampioen, Venus Williams, is ʼn promotorskeuse by die Amerikaanse Ope. Die 45-jarige Amerikaner het verlede maand by die Washington Ope haar eerste wedstryd in 16 maande gespeel. Vyf ander Amerikaners het ook loslootjies ontvang vir die vroue-enkelspel se hooftrekking, asook Caroline Garcia van Frankryk en die Australiër, Talia Gibson. Intussen is die NextGenATP-ster, Nishesh Basavareddy, onder ses Amerikaners wat in die mans se enkelspeltrekking promotorskeuses is. Valentin Royer van Frankryk en Tristan Schoolkate van Australië sluit ook by hulle aan.