Hawala heldestatus deur president toegekenAugust 15, 2025
President Netumbo Nandi-Ndaitwah het die eer van nasionale heldestatus postuum aan die voormalige weermaghoof wyle luitenant-generaal Salomon Hawala toegeken. Sy het hom ook met ‘n staatsbegrafnis vereer, wat op 6 September op Ongwediva in die Oshana-streek sal plaasvind. Die presidensie sê in ‘n verklaring Nandi-Ndaitwah gee erkenning aan Hawala vir sy uitsonderlike militêre diens, standvastige leierskap en onwrikbare toewyding aan Namibië se bevryding en nasiebou. Dit sê sy nalatenskap bly ‘n simbool van waagmoed, patriotisme en toewyding aan die ideale van vryheid en onafhanklikheid.