Liverpool en Bournemouth skop Engelse Premierliga afAugust 15, 2025

Sokker: Die huidige kampioen, Liverpool, begin die naweek die verdediging van sy Premierliga-titel op sy tuisveld, Anfield, teen Bournemouth. Liverpool span die middelveldspeler Florian Wirtz in, wat vir 2,3-miljard Namibiese dollar gekontrakteer is, en die nuwe doelskieter, Hugo Ekitike. Liverpool is die gunstelling om sy kroon te behou, maar die tragiese dood van die Portuguese doelskieter Diogo Jota in ‘n motorongeluk in Spanje verlede maand bly ‘n onbekende faktor. Die openingsnaweek sluit ook Sondag se hoogsverwagte wedstryd tussen Manchester United en Arsenal in.