Sankwasa bevraagteken salarisse in SOE’sAugust 15, 2025
Die minister van stedelike ontwikkeling, James Sankwasa, het die salarisse van uitvoerende hoofde van SOE’s in Namibië gekritiseer omdat sommige meer verdien as die president. Die voormalige finansiële hoof van Namcor, Jennifer Hamukwaya, se salaris het na vyf jaar, teen April 2023, tot 180 000 Namibiese dollar gestyg. In 2023 het media berig dat Namcor die voormalige bankier Lionel Matthews 230 000 dollar per maand aangebied het om dié oliemaatskappy te lei. Matthews het na bewering aan die staatsbeheerde maatskappy gesê dat hy 350 000 dollar per maand by Nedbank verdien het. Namcor se besturende direkteur Immanuel Mulunga het 220 000 dollar maandeliks verdien. In vergelyking verdien president Netumbo Nandi-Ndaitwah ’n onbelaste jaarlikse salaris van 1,7 miljoen dollar, ongeveer 146 000 dollar per maand, wat lewenslank gewaarborg is. Ingevolge die wet op pensioen- en ander voordele van voormalige presidente is sy ook geregtig op ’n nuutgeboude aftreehuis wanneer sy haar amp verlaat. Sankwasa sê aan NTV, die kwessie kort dringende aandag.