Swakop-munisipaliteit skenk 111 erwe aan DRC-inwonersAugust 15, 2025

Die Swakopmund-munisipaliteit skenk 111 erwe aan lae-inkomsteverdieners in die DRC-gebied, na aanleiding van ‘n besluit in April. Hoof uitvoerende beampte, Alfeus Benjamin het gesê begunstigdes, wat deur ‘n driejaarlikse sensus geïdentifiseer is, sal slegs ‘n oordragfooi van 1 000 Namibiese dollar betaal. Hulle sal die eiendom volledig besit en kan óf hul eie huise bou óf by die Nasionale Behuisingsonderneming en munisipaliteit se behuisingsprogram aansluit. Kosmos 94.1 Nuus het met die munisipale woordvoerder Linda Mupupa gepraat.