Vlieënier nog soek na ramp by Durban-lugvertoningAugust 15, 2025
Die Nasionale Seereddingsinstituut sê die soektog gaan voort na die vlieënier wat vermis word na gister se vliegongeluk in Durban. Die ligte vliegtuig was deel van ‘n lugvertoning by Noord-strand naby die Suncoast Casino toe dit in die see gestort het. Die 61-jarige vlieënier van Johannesburg was volgens berigte alleen in die vliegtuig. Die NSRI se woordvoerder, Craig Lambinon, sê hulle het sedert vroeg vanoggend wrakstukke bymekaar gemaak wat oornag uitgespoel het: