Wet op databeskerming sal na 12 jaar weer ter tafel gelê wordAugust 15, 2025
Sowat 12 jaar nadat die eerste werk aan die konsepwet op databeskerming begin het, sal dit na verwagting volgende maand wéér in die parlement ter tafel gelê word. Lynminister Emma Theofelus het die aankondiging gemaak. Frederico Links, ‘n navorser by die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing het sy hoop uitgespreek dat die kwessies wat twee jaar gelede deur hulle geopper is, aangespreek word in die konseptwet. Hy verduidelik dat dit nie die regte van dataonderwerpe, soos individue, behoorlik aanspreek nie. ’n Gedeelte uit ’n vorige weergawe van die wetsontwerp, wat hierdie kwessie aanspreek, is in 2020 verwyder en is nog nie weer wesenlik teruggevoeg tot die jongste weergawe van die wetsontwerp, waarvan hy bewus is nie.