Duitsland bly by standpunt oor volksmoord August 17, 2025

Die Duitse regering sê daar was geen internasionale wetgewing ten tye van gruwels wat tydens die land se koloniale besettings gebeur het nie. Dit was in reaksie op ‘n vraag deur die Groenparty in die parlement, berig die Duitse koerant, Tagesspiegel. Politieke ontleder dr. Henning Melber het aan The Namibian gesê die uitlating beteken Duitsland sal nie verder onderhandel oor die 1,1 miljard euro wat die regering ingestem het om as herkonstruksie- en versoeningskapitaal vir Herero- en Nama-volksmoord van 1904 tot 1908 te betaal nie.