Graad 1’s word elke jaar 3,6% méér August 17, 2025
Die aantal kinders wat skool in Namibië begin, groei sedert 2018 gemiddeld met 3,6 persent, toon die jongste data van die onderwysministerie. Verlede jaar was net meer as 85 000 kinders in graad een, sowat 16 000 meer as in 2018. Sowat 81 persent van graad 1’s het deurgekom en is vanjaar in graad 2. Volgens die ministerie se statistiek was die meeste kinders sewe jaar oud in graad 1, terwyl die oudste 16 jaar was.