MMA: SA se ‘Stillknocks’ verloor teen RusAugust 17, 2025
Suid-Afrika se gemengde vegkunslegende, Dricus du Plessis, moes vanoggend in Chicago, Amerika sy UFC-middelgewig-wêreldkampioentitel aan die Rus Khamzat Chimaev afstaan. Chimaev het deurgaans die geveg oorheers en ‘Stillknocks’ bykans die heeltyd magteloos op die vloer neergepen. Die beoordelaars het die geveg eenparig in Chimaev se guns beslis. Dit was Du Plessis se derde verdediging van sy wêreldtitel. Chimaev spog nou met 15 onoorwonne beroepsgevegte.