VSA skort visas vir Palestyne op August 17, 2025
Amerika het Saterdag alle visas vir besoekers uit Gaza opgeskort ná verregse elemente op sosiale media teen Palestynse vlugtelinge uitgevaar het. Die kwessie moet eers deeglik hersien word voor die opskorting moontlik opgehef sal word, sê owerhede. Honderde visas is die afgelope tyd aan Palestyne uitgereik, onder meer vir mediese behandeling in Amerika. Bykans 62 000 mense is die afgelope 22 maande in Gaza dood en Israel is besig om aanvalle op dié streek te verskerp.