!Aochamub neem eers leisels by Meatco oorAugust 18, 2025

Die adjunk-voorsitter van Meatco se raad, Stephanie de Klerk het aan The Namibian bevestig dat Albertus !Aochamub as tussentydse uitvoerende hoof van Meatco aangestel is. Dit kom na die skorsing van Patrick Liebenberg en die aanstelling van Kingsley Kwenani wat toe reeds bedank het, effektief 31 Augustus. Die finansministerie het opdrag vir !Aochamub se aanstelling gegee en hy is herroep uit sy ambassadeurspos in Frankryk. Intussen sê die Presidensie op sy sosiale media dit is fopnuus omdat dit nog nie bevestig is deur amptelike kanale nie.