Downtown Abbey se aandenkings onder die hamerAugust 18, 2025
Meer as 260 aandenkings van die bekroonde Britse reeks Downton Abbey gaan opgeveil word. Dit sluit in van die Grantham-familie se motor tot die trourok wat Michelle Dockery as Lady Mary vir haar eerste troue met Matthew Crawley gedra het en die ikoniese Downton Abbey muur van klokke. Die reeks se uitvoerende vervaardiger, Gareth Neame, sê hierdie ikoniese items is vir kykers baie spesiaal. Die opbrengs van die veiling is ten bate van Together for Short Lives, ‘n liefdadigheidsorganisasie wat kinders met beperkte lewensomstandighede en hul ouers ondersteun.