Kiesersregistrasie-bedrieërs ry aan die penAugust 18, 2025

Die polisie ondersoek twee sake van bedrog ná twee mans die naweek in afsonderlike voorvalle met vals dokumente probeer het om by bykomende registrasiepunte vir die komende plaaslike – en streekverkiesings te registreer. In Kuisebmond het ‘n man met ‘n gesteelde identititeitsdokument vir ‘n kieserskaart aansoek gedoen. Die gesteelde ID-dokument behoort egter aan ‘n toesighouer by die Verkiesingskommissie. Die verdagte is bekend, maar nog nie gearresteer nie. In die Oshivelo-omgewing is drie mans in hegtenis geneem toe een met iemand anders se geboortesertifikaat geregistreer het terwyl die ander twee getuies was. Die rekenaar het die fout opgemerk.