NamPol begin kadetkonstabels se opleidingAugust 18, 2025

Die 2025/2026 polisie basiese opleidingskursus is amptelik van stapel gestuur by die Ruben Danger Ashipala-polisie-opleidingsentrum in Ondangwa deur Oshana-polisiebevelvoerder, kommissaris Naftal Sakaria. Hy het NamPol se inspekteur-generaal, luitenant-generaal Joseph Shikongo, verteenwoordig en 1 061 kadetkonstabels verwelkom vir die nege maande lange program.