NamRA-slenter kos vrou N$25 000 August 18, 2025
Op Ondangwa is ‘n 64-jarige vrou 25 450 Namibiese dollar kwyt ná ‘n onbekende swendelaar haar oortuig het om die kodes op haar bankkaart met haar te deel. Die verdagte het die vrou Vrydagoggend gebel en haar as ‘n NamRA-beampte voorgedoen. Sy het die vrou meegedeel dat 18 500 dollar in haar bankrekening inbetaal moes word en dat sy die inligting op die kaart daarvoor benodig. Die slagoffer het ingestem en kort daarna ‘n kennisgewing van die bank ontvang dat meer as 25 000 dollar uit haar rekening onttrek is. Niemand is nog in verband met die saak in hegtenis geneem nie.