Nog ‘n Angolese presidentsdogter maak amokAugust 18, 2025

Die herrie is los in Angola. Die president van die Uitvoerende Komitee van die Angolese Skuld- en Sekuriteitebeurs, bekend as Bodiva, Cristina Giovannia Dias Lourenço, ontvang ‘n maandelikse salaris van 181,66 miljoen kwanzas, of 3,48 miljoen Namibiese dollar. Sy is die dogter van die president João Lourenço. Sy het oorgeneem en ‘n president vervang wie se salaris minder as die helfte van die huidige een was. Na haar aanstelling het alle lede van Bodiva se raad ‘n gemiddelde verhoging van 121 persent in vergoeding ontvang, ‘n gemiddeld van amper 19 miljoen kwanzas per raadslid.