Sankwasa roep Stad Windhoek byeen vandagAugust 18, 2025
Die minister van stedelike ontwikkeling, James Sankwasa het opdrag aan Windhoek-burgemeester Ndeshihafela Larandja gegee om vanmiddag om drie-uur haar volle raad, alle strategiese uitvoerende beamptes en bestuurders sowel as die stad se uitvoerende hoof bymekaar te bring by die munisipaliteit. Kosmos 94.1 het navraag by die stad gedoen oor waaroor die vergadering gaan maar, dit is blykbaar onbekend. Sankwasa het die afgelope tyd plaaslike owerhede oor die kole gehaal en het besoek by verskeie rade afgelê.