So lyk toilette, water en meer by die land se skoleAugust 18, 2025
In sy 2024-onderwys sensus sê die lynministerie 224 skole landswyd het geen toiletgeriewe nie met 89 persent van skole wat wel toilette het. Van die totaal is ‘n derde puttoilette. Daar is ook 107 skole wat geen water het nie. Die ministerie sê die stand van sake het verbeter behalwe in die twee Kavango-streke waar die gemiddeld steeds onder 70 persent staan. Daar is ook 190 skole sonder elektrisiteit, 716 sonder ‘n telefoonlyn en 1 340 skole, of 65,8 persent wat wel internetverbinding het.