‘Weapons’ bly bobaas by Noord-Amerika se loketAugust 18, 2025

Zach Cregger se geheimsinnige gruwelrolprent Weapons bly na die tweede naweek sedert vrystelling steeds die topverkoper in Noord-Amerika. Die gruwelfilm met sy R-ouderdomsbeperking, is die vyfde opeenvolgende treffer vir Warner Brothers vanjaar. In die tweede plek is Disney se Freakier Friday, waarin Jamie Lee Curtis en Lindsay Lohan weer saam te sien is. Die naweek se enigste nuwe rolprent is Universal se riller Nobody 2 wat in die derde plek geland het. Nog ‘n rolprent van Disney, die Marvel superhelde-avontuur, The Fantastic Four: First Steps, het na die vierde posisie afgeskuif met DreamWorks Animation se The Bad Guys 2 in die vyfde plek.