Yango in lokval gelei, beroofAugust 18, 2025
‘n Dertigjarige man en ‘n Yango-bestuurder was vroeg Saterdagoggend die slagoffers van ‘n gewapende roof in Windhoek. Hulle was van Khomasdal na Luxury Hill onderweg toe ‘n man opgelet het hulle word deur ‘n Land Cruiser agtervolg. By ‘n vierrigting-stopteken het nog twee voertuie uit verskillende rigtings die motor aan die voorkant geblok, terwyl die Cruiser dit aan die agterkant versper het. Ses verdagtes, een met ‘n vuurwapen, het uit die motors gespring en die man beveel om van die pad af te trek. Hulle het een van die agterruite uitgeslaan en beveel dat die voertuig oopgemaak word. Daarna het hulle die voertuig se battery, twee kantspieëls, die motorsleutels, ‘n selfoon en 800 Namibiese dollar gesteel en weggejaag. Niemand is nog in verband met die roof aangekeer nie.