Dwelms bly ‘n wesenlike uitdaging August 19, 2025

Die polisie het op bykans 88 000 Namibiese dollar se dagga in drie verskillende voorvalle oor die naweek beslag gelê en drie mans in hegtenis geneem. Op Oluno naby Ondangwa is ‘n man met meer as ‘n kilogram dagga ter waarde van 50 750 dollar vasgetrek. In Orvetoweni op Otjiwarongo is ‘n man met 710 gram dagga ter waarde van 35 500 dollar betrap. By ‘n vulstasie op Kamanjab is ‘n veiligheidswag met 1 350 dollar se dagga in hegtenis geneem. Op Oshakati is ‘n man Saterdag by ‘n vulstasie gearresteer toe hy 18 sakkies kokaïne ter waarde van 8 500 dollar aan ‘n polisieman onder dekmantel probeer smous het.