Koninklike in sop oor beweerde verkragtings, geweldAugust 19, 2025

‘n Seun van Noorweë se kroonprinses is aangekla van 32 oortredings, insluitend vier van verkragting en verskeie van geweldpleging en aanranding. Marius Borg Hoiby is gebore uit ‘n verhouding voor kroonprinses Mette-Marit met kroonprins Haakon getroud is. Hy word ondersoek sedert hy in Augustus verlede jaar in hegtenis geneem is omdat hy glo sy vriendin aangerand het. Daar is ook aanklagte van huishoudelike geweld teenoor ‘n gewese meisie en verskeie van geweld, rusversteuring, vandalisme en skending van ‘n inperkingsbevel teen nog ‘n gewese vriendin.