Namibië en SA beplan dam op OranjerivierAugust 19, 2025
Namibië en Suid-Afrika het hulle verbind tot ‘n gesamentlike haalbaarheidsstudie vir die konstruksie van die Noordoewer-Vioolsdriftdam in die Oranjerivier. The Brief berig die projek sal net meer as 4 miljard Namibiese dollar kos. Die lynminister, Inge Zaamwani, sê beide lande het ooreengekom om elk 44 miljoen dollar tot die studie by te dra. Zaamwani het verduidelik dat die projek deel vorm van Namibië se breër strategie om waterskaarste aan te spreek. Openbaar-private vennootskappe sal ‘n sentrale rol speel, insluitend ‘n beplande kus-ontsoutingsaanleg om mynboubedrywighede en kusdorpe te bedien.