Namport se tenderkansellasie ‘n hou vir LüderitzAugust 19, 2025

Die burgemeester van Lüderitz, Phil Balbao, sê die kansellasie van Namport se voorkwalifikasie-tender vir ‘n nuwe olie- en gasvoorsieningsbasis is ‘n groot slag, aangesien die basis die dorp se ekonomie aansienlik sou versterk het. Namport het die tender Vrydag sonder verduidelikings gekanselleer, enkele dae na die bekendstelling daarvan. Die projek sou na verwagting boorwerk in die Oranje-kom ondersteun. Balhao het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat: