Shell teiken nuwe putte in Oranje-bekkenAugust 19, 2025
Shell sal volgende jaar nuwe eksplorasie putte in die Oranje-bekken boor. Upstream Online berig Eduardo Rodriguez, Shell se verteenwoordiger in die land sê dat rolspelers in die stroom-op afdeling, en die Nandi-Ndaitwah-administrasie moet vertroue en oop-dialoog bou om die uitdagings van die ontwikkeling van gas- en oliebronne in die land te bewerkstellig. Shell het vroeër gesê sy Graff- en Jonker-putte is nie lewensvatbaar nie en hy spits hom nou op eksplorasie in ander lande waar hy belange het.