Dricus nie lus vir onmiddellike herontmoeing met Rus nieAugust 20, 2025

Gemengde Gevegskuns: Die verslaande Suid-Afrikaanse middelgewig UFC-wêreldkampioen Dricus du Plessis gaan tyd afvat om te besin oor Sondag se geveg teen Khamzat Chimaev. Die Rus het sy 15de professionele oorwinning behaal toe hy Du Plessis met ‘n eenparige beslissing in Chicago oordonder het. Volgens Du Plessis se hoofafrigter, Morné Visser, stel hy nie in ‘n onmiddellike herontmoeting belang nie, aangesien hulle eers ‘n paar dinge moet regstel. Hy sê wanneer jy op so ‘n manier ore aangesit word, verdien jy nie ‘n onmiddellike herontmoeting nie.