Jeugontwikkelingsfonds goed, as jy konneksies het: LPM JeugAugust 20, 2025
Die Landless People’s Movement Jeugbevel verwelkom die Jeugontwikkelingsfonds as ‘n belangrike stap om jeugwerkloosheid, armoede en ongelykheid aan te spreek. Hy waarsku egter dat die sperdatum baie jongmense sal uitsluit en doen ‘n beroep op die regering om dit te verleng. Hy bevraagteken ook die tydsberekening van die bekendstelling daarvan en stel voor dat dit as ‘n politieke instrument voor die komende verkiesings gebruik kan word. Kosmos 94.1 Nuus het met William Minnie, adjunk-nasionale woordvoerder van die LPM gepraat.
Hy het verder opgemerk dat toegang tot hierdie fondse dikwels afhang van konneksies, aangesien dit meestal toegeken word aan mense wat bekend is aan diegene in beheer.