Navorsing, bevindings oor swart mamba verwelkomAugust 20, 2025
Reaksie word ontvang op die jongste navorsing wat bevind het dat die swart mamba, ‘n sleutelrol kan speel om besoedeling op te spoor en terselfdertyd die ekostelsel gesond hou. Daar is bevind dat swaar metale, soos lood, arseen, kadmium en kwik in die skubbe van swart mambas versamel en ‘n duidelike verbintenis tussen grondgebruik en die blootstelling aan swaar metale in die slange gevind. Francois Theart, plaaslike slangkenner en navorser, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat. Hy sê dit is fantasties en is ‘n bewys van hoe belangrik elke dier in ‘n ekostelsel is.
Hy sê bewaring gaan nie net oor renosters en olifante nie.