Ngurare lei afvaardiging in JapanAugust 20, 2025
Die eerste minister dr. Elijah Ngurare is saam met die handelsminister Selma Ashipala-Musavyi in Japan vir die negende Tokio Internasionale Konferensie oor Afrika-ontwikkeling wat vandag in Yokohama begin en duur tot Vrydag. Ngurare lei die Namibiese afvaardiging by die beraad wat Afrika-leiers, Japannese amptenare en internasionale belanghebbendes bymekaarbring om vennootskappe vir volhoubare ontwikkeling regoor die vasteland te versterk. Hy het reeds klem gelê op waardetoevoeging op goedere wat Namibië uitvoer.