Sweedse kerk word geskuif weens mynbouAugust 20, 2025
In Swede is die landmerk 113-jaar-oue Kiruna-kerk, wat bedreig is deur grondinsakking weens mynbou, op ‘n 5km-reis na ‘n nuwe staanplek in die middel van Kiruna in die Poolsirkel. Die groot rooi houtstruktuur wat uit 1912 dateer, is in sy geheel op reuse-selfaangedrewe sleepwaens gehys wat teen ‘n maksimum spoed van 500 meter per uur kan beweeg. Die tog sal na verwagting twee dae neem. Die kerk is 35 meter hoog, 40 meter wyd en weeg 672 ton, en sy orrel met 1 000 pype is ook nog in die gebou. Dit is nie die eerste gebou in die dorp wat so verskuif word nie, maar wel die grootste.