Bate-bevriesingsaak oor steenkool myn in Mpumalanga weer in die hofAugust 21, 2025

Op 30 Desember 2024 het die aanklaer-generaal ‘n bevel vir die bevriesing van bankrekenings ter waarde van 50,2 miljoen Namibiese dollar bekom. Die geld is plaaslik oorgeplaas en is afkomstig van beweerde onwettige steenkoolmynbou en ander oortredings, insluitend geldwassery, in die Carolina-gebied in Mpumulanga deur Elza en Johannes Jordaan. Martha Imalwa het weer op 14 Januarie vanjaar ‘n tweede bevel gekry oor amper 2,3 miljoen dollar in twee Namibiese bankrekeninge in die naam van Reinet Binneman, Elza se suster. Vandag kom daardie saak voor vir die reël nisi ten spyte van pogings deur Binneman om dit te laat uitstel tot  die Jordaan-egpaar se saak in Oktober uitspraak sal ontvang. Regter Orben Sibeya is op die bank.