Hookah-pype, damprook moet gereguleer word: aktivisAugust 21, 2025

Die groeiende tendens van damprook en hookah-gebruik onder Namibiese jeug bly ‘n bron van kommer onder gemeenskappe. Daar word gesê dat die gebruik van damprook so algemeen geword het dat dit maklik toeganklik is vir skoolgaande leerders. Die aktivis Linda Baumann waarsku dat hoewel damprook as nuwerwets beskou word, dit ‘n toegangspoort tot verslawing en langtermyn-gesondheidskomplikasies is.

Baumann sê verder aan Kosmos 94.1 Nuus dat Namibië se Wet op die Beheer van Tabakprodukte gewysig moet word om streng regulering van damprook in te sluit.