Proteas se Subrayen uit eendagreeks weens boulaksieAugust 21, 2025

Krieket: Die Proteas se wegbreek-draaibouler, Prenelan Subrayen, is aangekla van ‘n verdagte boulaksie in Dinsdag se eerste eendagwedstryd teen Australië in Cairns en sal die res van die reeks misloop. Die Internasionale Krieketraad sê die wedstrydbeamptes het hulle bekommernis uitgespreek oor die wettigheid van sy boulaksie. Die kragmeting was Subrayen se eerste eendag-internasionale wedstryd. Hy het tien boulbeurte afgestuur en die paaltjie van Travis Head ingepalm. Subrayen sal ‘n onafhanklike beoordeling ondergaan by ‘n instelling wat deur die Internasionale Krieketraad geakkrediteer is.