Shiimi vra vir meer aandag vir spoorweë August 21, 2025
Die voorsitter van die Parlementêre Staande Komitee oor Ekonomie, Iipumbu Shiimi, waarsku dat Namibië se ambisie om ‘n streek vervoersentrum te word, ondermyn kan word as die regering steeds paaie bo spoorlyne prioritiseer. Shiimi sê befondsing vir paaie beloop 16 miljard Namibiese dollar terwyl net 4 miljard dollar vir spoorweë toegeken is. Die behoefte, sê hy, is andersom. Hy het opgemerk dat die toewysing van meer hulpbronne aan spoorwegprojekte, soos die beplande lyn na Katima Mulilo, beduidende ekonomiese en logistieke voordele kan lewer.