Verkrygingstelsel is ondoeltreffend en mors geldAugust 21, 2025

Die voorsitter van die Sentrale Verkrygingsraad van Namibië, Mary Shiimi, het kommer uitgespreek oor volgehoue ondoeltreffendhede in openbare projekte, en het vertragings, koste-oorskrydings en kwaliteitsprobleme genoem wat openbare hulpbronne mors. Sy het tydens ‘n belanghebbendes-vergadering in Windhoek gevra vir ‘n volledige hersiening van die verkrygingswaardeketting, met die klem op verantwoordbaarheid, samewerking en oplossingsgerigte betrokkenheid. Shiimi is aan die woord.