Khorixas brand lê bestryders lam, NDF kan nie help nieAugust 22, 2025

Die brand wat Donderdag ontstaan het by Mopane net oos van Khorixas woed steeds buite beheer en bestryders op die grond het talle oproepe vir bystand gemaak. Die weermag op Otjiwarongo is gekontak maar, hulle het blykbaar nie genoeg mannekrag nie as gevolg van die komende Heldedag-vieringe. Hulle benodig mannekrag, voertuie en toerusting. Daar is net 20 bestryders wat sedert Donderdag op die grond is.